Foto: Megan Weideman

Gedurende hierdie kwartaal se herwinningsweek het leerders ‘n smakie van ‘n wêreldwye-doelwit gehad om hul afsonderlike Interhuisspanne in ‘n wenposisie te plaas. Dit is duidelik dat die poging tot afvalbestuur weer belangstelling onder leerders en inwoners van die omgewing gewek het. Dit is ‘n reusesukses vir die eko-bestuur se projek. Dit het egter bekend geraak dat die ekologie-klub nie meer ‘n klub is nie, d.w.s. nie meer ‘n klein groepie volgelinge nie, maar DF is nou ‘n “eko-skool”.

Aan die begin van die tweede kwartaal het dit maar swaar getrek met herwinning by die skool. Volgens onderhoude met me. Strydom en me. Wepener, is die afwesigheid van herwinningsdromme noodsaaklik om sosiale afstand-regulasies in die die gange te handhaaf, maar dit bring weer ‘n nuwe kwessie in verband met afvalverwydering. Daar is minder fasiliteite byderhand om afvalbestuur-maatreëls soos in die verlede te volg, maar dit is ook nie al nie… ná die lang inperking by die huis blyk dit dat die basiese reëls omtrent herwinning nie meer so helder by leerders is nie. Het jy geweet dat die plastiekdeksels wat saam met die wegneem-koffiebekers kom, nie-herwinbaar is nie? Dit beteken dit kan nie in die plastiekdromme gegooi word nie! ‘n Wenk sal wees om eerder nie ‘n deksel te neem nie. Maak ook seker van watter materiale in watter asblik kom – anders kan die deurmekaarspul nie so maklik herwin word nie en in sommige gevalle, glad nie.

Ons as skool is die nuwe ekologie-klub en ons almal neem deel aan die verandering om ‘n toekoms te help skep waar ons ‘n beter en gesonder omgewing sal kan hê. Onthou, almal moet net hul deel doen.